Tracing (Sponsored by ARK web design) * Opsporings (Geborg deur ARK Webontwerp)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oorBoekeNavraeKontak

 
Updated: February 6, 2023 ** Opgedateer: 6 Februarie 2023

 

 

 
English

 

 

 

Meer oor Leonie Erasmus

'n Vrou staan en kyk na haar jong dogtertjie en wonder of haar eie ma ook so 'n deernis vir haar voel as sy aan haar dink. Wie is my ma en hoe lyk my pa of ouma en oupa? Wie is ek en waar pas ek in? Hoekom het my ma my weggegee? 'n Bejaarde man sit op die parkbankie en wonder hoe sy eersgeborene vaar en of hy al self kinders het. 'n Grootmoeder van twee woelige kleinkinders staan en dink aan baie jare terug. Waar is my kindjie wat ek moes afstaan en hoe gaan dit met haar?

Daar is sulke en soortgelyke vrae in so baie mense se harte. Mense wie se lewens deur verwydering verskeur was,
het nou hoop om sulke kwelvrae op te los.

Leonie Erasmus doen reeds vir 'n aantal jare opsporings met besonder groot sukses.
Die opsporings kan vir biologiese ouers wees wat na hul kinders soek en kinders wat aangeneem is wat na hul biologiese ouers soek.

Daar was al verskeie artikels oor Leonie se welslae met opsporings in koerante en tydskrifte. Leonie het alreeds honderde ma's en kinders herenig, asook broers en susters wat jare lank na mekaar gesoek het. So het die TV program Carte Blanche, 'n volledige program gedoen oor Leonie se werk en die aanbieder het ook met mense gepraat wat al jare na mekaar gesoek het en wie Leonie na tot soveel as 64 jaar herenig het met hulle biologiese families.

Leonie, wat 'n groot deernis vir persone het wat na hul kinders of ouers soek, het ook 'n pragtige en insiggewende boek oor hierdie onderwerp die lig laat sien, waarin sy van haar suksesverhale deel. Die boek bevat 'n handleiding met oa inligting oor DNA-toetse, en 25 ware en aangrypende verhale van biologiese ouers en aangenome kinders wat sy al herenig het.

Die skryfster sien die aanneme van 'n kind as een van die grootste geskenke wat iemand kan ontvang, vandaar die titel van haar boek, DIE GROOTSTE GESKENK.

Leonie is 'n Christen-gelowige en weet haar hulp kom van die Here. Sy het 'n diep respek vir haar roeping, het 'n passie vir haar taak en doen dit met uithouvermoë. Alle inligting word STRENG VERTROULIK hanteer.

   

   

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor
Boeke
Navrae
Kontak


Werfkaart
Sitemap

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpMeer oorBoekeNavraeKontak

ARK Web Design * ARK Webontwerp

Voetspore

ADSA Advertensies

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

arkpark.net

swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023


Bekering

'n Christen ...

Bybelteks

Bible Text

Kaleidoskoop